Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

 Christo Davids

Geselskap

Met

Sandra Prinsloo, André Odendaal, Sandi Schultz, Edwin van der Walt, Buhle Ngaba en Donovan Pietersen

Verhoogbestuurder

Mariska Meyer

Regisseur en skrywer

Christo Davids

Stel-, beligtingsontwerp en kostuums

Wilhelm Disbergen

Musiek

Leslie Javan
Erkenning

’n NATi / Feesteforum-produksie

My seuns

Speelvak & kaartjies

Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons. Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.