’n Man verloor sy dogter in ’n motorongeluk. Niks is meer soos dit was nie. Dis asof hy in ’n toneelstuk is, maar nie die woorde of die bewegings ken nie. Die man wie die motor bestuur het, is ’n hipnotiseur wat sedert die ongeluk sy krag van suggestie verloor het. ’n Akkerboom is ’n buitengewone produksie; tydens elke vertoning betree ’n ander akteur of aktrise saam met die Hipnotiseur die verhoog om die Pa te vertolk, sonder dat hulle ’n woord van die teks gelees het. ’n Absurde toneelstuk oor vertolking, verlies en die krag wat in woorde of suggestie opgesluit lê.
GENRE // Drama
‘n Akkerboom
’n Man verloor sy dogter in ’n motorongeluk. Niks is meer soos dit was nie. Dis asof hy in ’n toneelstuk is, maar nie die woorde of die bewegings ken nie. Die man wie die motor bestuur het, is ’n hipnotiseur wat sedert die ongeluk sy krag van suggestie verloor het.