NATi Logo
Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Herschelle Benjamin

Geselskap

MET Kevin Smith, Reginald Hufkie en Donovan Pietersen TEKS Herschelle Benjamin en Reginald Hufkie REGIE Herschelle Benjamin MUSIEK Reginald Hufkie VERHOOGBESTUURDER Zander Naudé VERVAARDIGER Reimagine Theatre Co.

Erkenning

’n KKNK en Suidoosterfees ko-produksie, ondersteun deur die Jakes Gerwel Stigting en NATi

GENRE // Drama

Op die kruin van Shôdeville

Marvin keer terug na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy vir een dag ’n tydjie saam met sy ou race walking coach, Uncle Smithie, kan spandeer.

Speelvak & kaartjies

Marvin keer terug na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy vir een dag ’n tydjie saam met sy ou race walking coach, Uncle Smithie, kan spandeer. Hy was jare laas “innie Shôde”, waar sy jonger broer, Malcolm, nog vasgevang is in die euwels van die gemeenskap. Hy en Uncle Smithie onthou die goeie ou dae van SA kampioenskappe en hoe ’n sport soos race walking deure vir hom oopgemaak het. Maar met elke geleentheid was daar baie opofferings. . . Waar Marvin sy drome in die vermaaklikheidsbedryf uitleef ná sy atletiekloopbaan, spook die verlede en sy broer se agteruitgang by hom. Wat gebeur as twee vervreemde broers weer ontmoet en die letsels van ’n gebroke huis tot erge nagevolge lei? Dié semi-outobiografiese sportdrama vra hoe mens op die kruin van sukses jouself kan loswikkel uit die kloue van jou verlede.

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.