Die veelsydige skrywer en dramaturg Willem Anker keer ná tien jaar terug na die verhoog. ’n Klein dorpie met ’n sterrewag op die heuwel duskant ’n sluimerende vulkaan word getref deur ’n meteoriet. ’n Klein krater tussen die spekbome in die tuin. Die klippie sing wanneer jy daarop hamer. ’n Astronoom doen navorsing oor gravitasiekolke. Haar jong seun het ophou praat. ’n Komponis wat ’n klankbaan vir ’n wetenskapsfiksie-fliek maak, hoor van die singende klip en kom loseer by hulle om die klanke van die landskap op te neem. Drie mense drywend in die kosmos probeer mekaar vind. Hoe maak jy musiek vir ’n ruimteskip? Wat gebeur wanneer jy oor daardie finale drempel van die gebeurtenishorison tree en in ’n gravitasiekolk ingly? Sedert Samsa-masjien het Anker se veelbekroonde romans Buys: ’n Grensroman en Skepsel verskyn.
REGIE
Jaco Bouwer
Geselskap
MET Tinarie van Wyk Loots, Marlo Minnaar, Eben Genis, René Cloete en Marelize Viljoen TEKS Willem Anker REGIE EN ONTWERP Jaco Bouwer POPMAKERS Andrico Goosen en Rocco Pool ADVISEUR Roshina Ratnam MUSIEK Pierre-Henri Wicomb VERHOOGBESTUURDER Nell van der Merwe VERVAARDIGER KKNK