Rokkie is die verhaal van ’n 48-jarige transgender-vrou van die Kaapse Vlakte. Vandag is die dag waarvoor sy al jare wag: haar gender reassignment. Daar sit sy in haar onderklere, agter ’n naaimasjien, besig om ’n rok aanmekaar te stik, terwyl sy ’n Black Label en sigaret geniet. En sy deel haar herinneringe met die gehoor – die lief en die leed.