Rooilug
Die dorp was eers in die Wes-Kaap, maar nou’s dit innie Oos-Kaap. Nee, die regering het dit nie uitgeskuif na ’n anner provinsie toe nie. Iemand het bloot die bordjie gevat en dit aan die anner kant van die draad gaan sit. Op die verhoog is net een akteur, ’n tafel en ’n stoel endance moves. En hy praat met jou oor emosionele dinge – en die liefde. Jy kan verwag om te lag, dalk ’n bietjie te huil. Maar die musiek is great en jou hart sal warm klop.