Wat gebeur as jy van ons top en uiteenlopende kunstenaars op ’n rugbyveld opdraf? Dan kry jy sesTIEN: Ses teaterstukke, elk net tien minute lank.
GENRE // Drama, riller
SesTIEN
Ons stel hierdie jaar in Linden ʼn splinternuwe platform vir teater bekend. “Unplugged” en aan die beweeg. Daar is komedie en klug, woordkuns, gewone aardse stories, en ook die seer van afskeid neem. ’n Bredie van die heel beste kort drama en teater binne reikafstand van die gehoor. Bring jou stapskoene, jou sonhoed, selfs ’n stoel as dit dan moet, en kom deel in ’n wérklik unieke ervaring.