Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Nico Scheepers

Geselskap

Met Wilhelm van der Walt
Vervaardiger Leftfoot Theatre
Productions, Innibos
Regisseur Nico Scheepers
Verwerker Johann Smith, gegrond op die boek van Dana Snyman
Oorspronklike musiek Kate Borthwick
Verhoogbestuur Jean du Plessis
Moontlik gemaak deur NATi, Innibos

Erkenning

Ondersteun deur NATi

GENRE // Drama

Seun

Die verhaal van Seun, gebaseer op Dana Snyman se memoir, is ’n universele storie oor die liefde tussen ’n pa en sy seun teen die agtergrond van die 1980’s.

Speelvak & kaartjies

Toyota Innibos
Vrystaat Kunstefees
Toyota Stellenbosch Woordfees

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry- toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, selfonthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n poli­ tieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.

© 2026 NATi • Alle regte voorbehou.