Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Gerrit Schoonhoven

Geselskap

MET Frank Opperman

TEKS Dana Snyman

PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts

Erkenning

In samewerking met NATi en Aardklop

GENRE // Komedie, Toneel

Steeds Donkie

Steeds Donkie is die logiese opvolg van Dana Snyman se treffer Donkie. Frank Opperman is weer te sien as meneer Swart, beter bekend as “Donkie”, die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen. Ondanks sy goeie bedoelings is hy reeds effe suf geslaan en gebombardeer.

Speelvak & kaartjies

Steeds Donkie is die logiese opvolg van Dana Snyman se treffer Donkie. Frank Opperman is weer te sien as meneer Swart, beter bekend as “Donkie”, die skoolhoof van Hoërskool Hans Oosthuizen. Ondanks sy goeie bedoelings is hy reeds effe suf geslaan en gebombardeer. Tydens hierdie Maandagoggend se saalopening het hy boonop etlike nuwe uitdagings: Die leerlinge se akademiese prestasies het tydens die Covid-19-pandemie geweldig agteruitgegaan, onderwysers se moed lê laag in hul skoene en die beheerliggaam is geensins tevrede met sy hantering van Black Lives Matter nie. Ten minste is hordes eksemplare van die skool se 80-jarige herdenkingsboek darem gedruk. “Frank Opperman en Dana Snyman het met Donkie ’n karakter geskep wat met die eerste effe onbeholpe woord reeds diep in die hart kruip. Met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis word ’n storie vertel waarin ’n ieder en ’n elk homself sal verkneukel.”

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.