Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalk. Hul pa, Gert, woon nou alleen op die
kleinhoewe. Louw was nege jaar laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Ou wonde tussen pa en seun word oopgekrap soos hulle óm
dinge praat, vingerwys, mekaar toets en manipuleer, gemeenskaplike terrein probeer vind, en hul gesin se geskiedenis probeer vermy. ’n Enorme
stinkhoutboom is ’n dekadeslange getuie van alles wat op dié lappie grond gebeur het, en ’n konstante herinnering aan Amanda, vrou en ma, wat al 25 jaar
oorlede is. ’n Storie oor ’n gesin, ’n boom, grond, diepgesetelde pyn, en die finaliteit (al dan nie) van die dood. ’n Storie oor ’n pa en seun wat moet
rekenskap gee van hul verlede, maar sukkel om mekaar te vind. Be kroon met die Momentum Beleggings Aardklopprys vir beste toneelproduksie, beste
nuutgeskrewe Afrikaanse teks en beste akteur (Opperman) (2024).