Dis iewers in die nabye toekoms en die duurste hulpbron is water. Maar by Motel Stillewater, op ’n godverlate vlakte, is ’n oerskat opgesluit. Dis ’n vreemde (en snaakse) spulletjie wat hier woon, en
vir water sal party mense moord pleeg. Dit word ’n tragikomedie van Griekse omvang. Swerfgoed het drie KKNK- Kanna-pryse ontvang: Beste manlike en vroulike byspeler (Richard September en Nicole Holm) asook Beste nuutgeskrewe debuutteks (Bauke Snyman).