NATi Logo
Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

Marthinus Basson

Geselskap

MET Jana Cilliers en Ludwig Binge REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson TEKS Jana Cilliers PRODUKSIEBESTUURDER Anna Davel BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Nicolaas de Jongh VERVAARDIGER KKNK

Erkenning

’n KKNK-produksie, moontlik gemaak deur NATi

GENRE // Drama

Veelhoek

Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Hy is sestig jaar gelede oorlede in die jong ouderdom van 24, toe die wiel van sy motor gebars het.

Speelvak & kaartjies

Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Sestig jaar gelede sterf hy op die vroeë ouderdom van 24. Hy was gereken as hoogs belowend. Kort ná sy dood verskyn sy debuutbundel, Veelhoek. Cilliers se poging om self te begin skryf, neem haar na haar neef se “praatvers” “Skipbreukelinge” met die refrein “en waar ek my voet wil sit, is water”. Sy merkwaardige uitdrukking as jong skrywer ervaar sy as skreiend eerlik binne sy tydsgees. Ek is in dié veelhoek van kragte vermiddelpunt, spartel in die spinnekopnet, met klewerige sy gespan oor die water. Gilliland se rou en verrassend vars uitroep na die sin van die lewe staan teenoor Cilliers wat hunker na iets soortgelyks binne ’n teaterkonteks. Haar begrip van sterflikheid as ouerwordende aktrise ontvou binne haar gesprek met hom oor die mens se veelhoekige bestaan hier op aarde. Sy besin oor die versoening wat kan plaasvind in ’n bereidwilligheid om op te hou lewe. Met die intimiteit van teater en verby tyd speel neef en niggie se gesprek uit. Binne hul bloedlyn word ewewig bewerkstellig.KLIK HIER om meer te lees op Netwerk24.

© 2024 NATi • Alle regte voorbehou.