Toekenning/s
Hou die pers dop!
REGIE

David Kramer

Geselskap

MET Dean Balie, Jenny Stead, André Terblanche en Rushney Ferguson

TEKS EN MUSIEK David Kramer

MUSIEKREGIE Dylan Roman

MUSIKANT Nick Turner

KLANK EN BELIGTING Ben du Plessis

KOSTUUMS Widaad Albertus

VERHOOGBESTUURDER Nickus Venter

VERVAARDIGERS KKNK en Renaye Kramer

Erkenning

’n Feesteforum-produksie, moontlik gemaak deur NATi.

GENRE // Musiekteater

Ver in die wereld Kittie

’n Feesteforum-produksie, moontlik gemaak deur NATi. 1952. Doris Day en Frankie Laine het ’n internasionale treffer met “Sugarbush” wat na bewering deur Josef Marais geskryf is. In die 1950’s ry Josef en sy vrou Rosa die golf van hul sukses in Amerika as ’n volksang-duo.

Speelvak & kaartjies

’n Feesteforum-produksie, moontlik gemaak deur NATi. 1952. Doris Day en Frankie Laine het ’n internasionale treffer met “Sugarbush” wat na bewering deur Josef Marais geskryf is. In die 1950’s ry Josef en sy vrou Rosa die golf van hul sukses in Amerika as ’n volksang-duo. Hulle het daarvoor bekend geword dat hulle Afrikaanse liedjies sing wat Josef in Engels vertaal. Hul plate word op radiostasies oor Amerika heen gespeel en hulle werk saam met Burt Lancaster en Humphrey Bogart in Hollywood. Maar terug in die Boland vier Kittie Jaftha nie hul sukses nie. Sy voel verraai en glo hierdie liedjies behoort nie aan Marais en Miranda nie. Sy weet dat Josef hulle by haar en Koos Heuningbek, wat op sy pa se plaas werk, geleer het. Ver in die wêreld Kittie, ’n musiekblyspel geskryf deur David Kramer, vertel die verhaal van Marais en Miranda se sukses deur die oë van Kittie Jaftha, Koos Heuningbek, Josef Marais en Rosa de Miranda.

© 2023 NATi • Alle regte voorbehou.