Die produksie kyk na ’n wêreld waarin gevaar, geweld en geweerskote deel van die alledaagse werklikheid word en vra wie werklik beheer het oor die geweld wat gemeenskappe raak. Die verhaal fokus spesifiek op die impak van wapengeweld op kinders en jong mense. Miché van Wyk skryf en Byron Klassen regisseer, met ’n ensemble van ses spelers. Die produksie word moontlik gemaak deur die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans met ondersteuning van die Tribuo- en Proscenium-dramakompetisie, Toyota Stellenbosch Woordfees en Suidoosterfees.
Speelvakke 2026
Toyota Stellenbosch Woordfees: 3, 4 en 5 Okt; kykNET Idas Valley Primary.