Fleur du Cap-benoemings bekend

Die benoemings vir die 57ste Fleur du Cap-teaterpryse is so pas bekend gemaak. Gepas word dit vanjaar op Wêreldteaterdag, 27 Maart, op ’n glansgeleentheid op die Vergelegen-wynlandgoed naby Somerset-Wes oorhandig.
#LightSAred
Dit is meer as vyf maande sedert diegene in die vermaaklikheidssektor se werk opgedroog het, weens die staat van nasionale inperking aangekondig deur President Cyril Ramaphosa. Teaters, musiek-en danskonserte, sowel as ander lewendige opvoerings is summier gestaak, en kunstenaars, tegnici en skoonmakers is hierdeur sonder inkomste gelaat. Die veldtog #LightSAred is deur Sharif Baker gestig […]
Kuns, kultuur & korrupsie

Sedert die nasionale inperking in Maart vanjaar aangekondig is, is menigte landsburgers se lewe onherroeplik verander. Dit is natuurlik nie nuwe nuus nie. Verskoon die dramatiese sienswyse, maar dit wat ons voorgehou het as ‘normaal’ is omgedop en blitsig moes ons aan nuwe sosiale gedrag gewoond raak. Die inperking het ons tot stilstand gebring en […]
Teaters kan (amper) heropen

Die gordyn het gesak en die ligte is uitgedoof. Na die uitbreek van Covid19 moes teaters noodgedwonge hul deure sluit. Talle kunstenaars is sonder werk gelaat met party wat plek-plek ander mediums probeer vind om brood op die tafel te sit. Hierdie vreemde tye het opnuut kom bewys hoe afhanklik ons van teaters is.
Kunstenaars en korona

Talle mense is besig om dood te gaan, ons land se ekonomie lê aan skerwe, daar is mense wat meen armoede gaan hulle bykom nog voordat die virus sy tol op hul lewe kan eis en in ’n oogknip is ons vryheid van ons ontneem.
Woordtrofees-wenners 2020

Woordtrofees-wenners 2020 Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen ’n kunswerk deur Theo Paul Vorster en ’n bedrag geld.
Grootse ‘Koningin Lear’ na Baxter

Kapenaars het enkele dae om die veelbekroonde toneelstuk Koningin Lear in die Baxterteater in Rondebosch te beleef. Dit kom oplaas ná suksesvolle speelvakke en ritse pryse – agt Kannas op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en vyf beeldjies op Aardklop – na die Moederstad.
Briljante ‘Koningin Lear’ ontstig en boei

Die kragtige drama Koningin Lear is nou op die planke in die Baxter-teater. Dit is ’n komplekse en uitdagende stuk, kortom briljant, skryf Joan Hambidge.
Drie reuse en ’n haka vir ‘Koningin Lear’

Murray La Vita doen verslag oor ’n gesprek tussen drie kulturele reuse: Antjie Krog wat aan Marthinus Basson en Antoinette Kellermann die vrae vra wat sy haar “hele lewe lank al wou vra”. Koningin Lear was ook teenwoordig.
‘Huishou’ se rolverdeling ‘uit die hemel’

Koebaai Pippa, hallo Dirkie. Dit is hoe Nadia Valvekens, wat 13 jaar lank Pippa in die kykNET-sepie Binnelanders gespeel het, verwelkom word nadat kenners, leke, resensente en verskillende gehore die verhoogstuk Huishou gesien het. Dié duo-toneelstuk is vanjaar op die Vrystaat Kunstefees.