Fleur du Cap-benoemings bekend
Die benoemings vir die 57ste Fleur du Cap-teaterpryse is so pas bekend gemaak. Gepas word dit vanjaar op Wêreldteaterdag, 27 Maart, op ’n glansgeleentheid op die Vergelegen-wynlandgoed naby Somerset-Wes oorhandig. 

Die allerlaaste teaterstuk wat in die nou ontbinde Fugard-teater in Kaapstad aangebied is, “Master Harold” . . . and the Boys, het vyf Fleur du Cap-benoemings losgeslaan en die toneelstuk Valsrivier nege. Die benoemings vir die 57ste Fleur du Cap-teaterpryse is so pas bekend gemaak. Gepas word dit vanjaar op Wêreldteaterdag, 27 Maart, op ’n glansgeleentheid op die Vergelegen-wynlandgoed naby Somerset-Wes oorhandig. 

Africa Melane, voorsitter van die Fleur du Cap-beoordelingspaneel, sê dit is wonderlik om ná ’n rowwe tyd teater weer in lewende lywe te kan vier. “Ek kan die belangrikheid van die viering vir die hele gemeenskap nie oorbeklemtoon nie. Vir baie was dit ’n uiters isolerende, traumatiese en oorweldigende tydperk. Om mekaar weer in die gesig te kan kyk, is ’n samekoms in die gees van eenheid en solidariteit en ’n bevestiging van die vermaaklikheidsbedryf se herlewing.”

Daar moes geringe aanpassings in van die kategorieë gemaak word omdat talle teaters intussen gesluit het of nog nie weer op dreef is nie. Daar was byvoorbeeld net ’n beperkte getal musiekblyspele. Die wenners van die Innovasie in Teater- en Leeftydprestasie-prys sal op die geleentheid bekend gemaak word. Die publiek kan hulle om 18:00 aanlyn by die feestelikhede via ’n skakel op Fleur du Cap se Facebook-blad aansluit. 

Hier is die benoemings: 

Beste nuwe Suid-Afrikaanse teks
Buhle Qinga vir Thank You for Your Service
Louis Viljoen vir The Outlaw Muckridge
Qondiswa James vir A Howl in Makhanda
Sibuyiselo Dywili vir Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!
Wessel Pretorius vir The Waterworks Anthology

Beste nuwe regisseur
Mava Silumko vir First Accused
Robyn September vir Heads or Tail(s)
Sipenathi Siqwayi vir Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!
Wendy Cynthia Mbali vir Blood on the Road

Beste vertoning deur ’n ensemble
Aphiwe Livi en Buhle Qinga vir Thank You for Your Service
Kim Adonis, Yamkela Ntendiyo, Amé Strydom, Megan Theron en Zukisani Nongogo vir A Howl in Makhanda
Sibuyiselo Dywili en Siyamthanda Bangani vir Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!
Sisipho Mbopa en Nolufefe Ntshuntshe vir When We Awake
Wessel Pretorius en David Viviers vir The Waterworks Anthology

Beste vertoning in ’n revue, kabaret of eenpersoonstuk
John Maytham vir The Outlaw Muckridge 
Pieter-Dirk Uys vir Lockup/Lockdown
Sandra Prinsloo vir Spertyd

Beste beligtingsontwerp
Mark Fleishman en Themba Stewart vir Snapped
Daniel Galloway vir The Unlikely Secret Agent
Faheem Bardien vir The Lady Aoi
Wessel Pretorius vir The Waterworks Anthology
Wolf Britz vir Valsrivier

Beste stelontwerp
Craig Leo vir Snapped
Fred Abrahamse en Marcel Meyer vir The Lady Aoi
Kirsti Cumming vir Snapped (videografie)
Wolf Britz vir “Master Harold” . . . and the Boys
Wolf Britz vir Valsrivier

Beste kostuumontwerp 
Craig Leo vir Snapped
Fred Abrahamse en Marcel Meyer vir The Lady Aoi
Penny Simpson vir The Producers
Wessel Pretorius vir The Waterworks Antholog
Widaad Albertus vir “Master Harold” . . . and the Boys

Beste klankontwerp, oorspronklike musiek, klankskap
Charl-Johan Lingenfelder vir Valsrivier 
Charl-Johan Lingenfelder vir The Lady Aoi 
Jahn Beukes vir The Unlikely Secret Agent 
Jannous Aukema vir A Howl in Makhanda 
Neo Muyanga vir Snapped

Beste vertoning in ’n opera: Manlik
Lukhanyo Moyake vir The Pearl Fishers 
Makudupanyane Senaoana vir Curlew River
Martin Mkhize vir Hänsel und Gretel
Reuben Mbonambi vir Curlew River
William Berger vir La bohème

Beste vertoning in ’n opera: Vroulik
Ané Pretorius vir La bohème
Bongiwe Nakani vir Hänsel und Gretel 
Brittany Smith vir Hänsel und Gretel
Ernestine Stuurman vir La rondine
Siphokazi Molteno vir Così fan tutte 

Beste vertoning deur ’n ondersteunende akteur in ’n verhoogstuk, musiekblyspel of musikale teaterproduksie
Earl Gregory vir The Producers 
Gideon Lombard vir The Unlikely Secret Agent 
Ntlanhla Morgan Kutu vir The Unlikely Secret Agent 
Sanda Shandu vir The Unlikely Secret Agent 
Siya Mayola vir “Master Harold” . . . and the Boys 

Beste vertoning deur ’n ondersteunende aktrise in ’n verhoogstuk, musiekblyspel of musikale teaterproduksie
Claire Glover vir The Producers 
Michele la Trobe vir The Producers 
Nadine Suliaman vir The Producers 
Peggy Tunyiswa vir Valsrivier 
Zinzi Matshakaza vir Curse of the Womb

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n verhoogstuk, musiekblyspel of musikale teaterproduksie
Anna-Mart van der Merwe vir Valsrivier 
Erika Marais vir The Unlikely Secret Agent 
Jennie Reznek vir Snapped 
Tinarie van Wyk Loots vir Valsrivier
Raquel Munn vir The Producers

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n verhoogstuk, musiekblyspel of musikale teaterproduksie
Alan Committie vir The Producers 
Desmond Dube vir “Master Harold” . . . and the Boys
Marcel Meyer vir The Lady Aoi 
Paul du Toit vir The Unlikely Secret Agent
Robert Hindley vir Valsrivier

Beste regisseur
Alan Committie vir The Outlaw Muckridge
Fred Abrahamse vir The Lady Aoi
Greg Karvellas vir “Master Harold” . . . and the Boys
Janice Honeyman vir Valsrivier
Paul du Toit vir The Unlikely Secret Agent

Beste produksie
Abrahamse and Meyer Productions vir The Lady Aoi
Eric Abraham en die Fugard-teater vir “Master Harold” . . . and the Boys
Sizile Arts Collective vir A Howl in Makhanda
Pieter Toerien Productions vir The Producers
Theatre Rocket vir Valsrivier

Prys vir belowendste student
Byron McKeith (Northlink College)
Kelsey Buchalter (Lamta)
Nana Bulabula (Centre for Theatre, Dance & Performance Studies (UK))
Nkosinathi Mazwai (Waterfront-teaterskool)
Noluthando Dlamini (Lamta)
Phoebe-Rose Redman (AFDA)
Siphenathi Siqwayi (Magnet-teater)
Sithembile Zungu (AFDA)
Wendy Mrali (Magnet-teater)

Deel hierdie artikel
Deel op Facebook
Stuur 'n twiet
Pin die foto
WhatsApp
Stuur per e-pos

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.