Blink tabberds, flitsende kameras, gesogte beeldjies, trane van vreugde, spitsvondige aanbieders en fantastiese musiekkunstenaars was van die hoogtepunte by die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie wat Saterdag 26 Augustus by die CTICC in Kaapstad plaasgevind het.
Hierdie gala-aand het gisteraand (Saterdag 26 Augustus) by die CTICC in Kaapstad plaasgevind en het ‘n bedrywige Silwerskermfees in Kampsbaai afgesluit waar die nuutste Afrikaanse films vertoon is. Maar vir die eerste keer het die fees ook televisie verwelkom, met aanbiedingsprogramme vir TV by die fees en die insluiting van Silwerskerm-bekronings wat toegeken is aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat uitstaande vermaak op die kykNET-kanale tussen 1 April 2022 en 31 Maart 2023 gelewer het.
Waldimar Pelser, Direkteur van M-Net se Premium-kanale, het die opwindende nuwe toekenningsgeleentheid by die CTICC as kykNET se grootste viering van film en TV beskryf, en het al die sterre in die gehoor aangespreek: “Die mense wat gisteraand hier gesit het, het ons geïnspireer en op ‘n reis geneem. Hulle het ons gehelp om onsself, ons mense en ons land beter te verstaan.”
Buitendien, naas die 31 toekennings wat by die CTICC oorhandig is, is twee legendes, Freek Robinson en Cedwyn Joel, geëer vir hul bydraes tot die plaaslike vermaaklikheidsbedryf. Vervaardiger André Scholtz is ook gisteroggend geëer by die Tegniese Toekennings van die Silwerskermfees in Kampsbaai.
Dié was van die groot wenners by die afgelope kykNET Silwerskermfees-toekennings wat by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum in Kaapstad aangebied is. Die room van die Afrikaanse vermaakbedryf is by die spoggeleentheid vereer vir hul bydrae tot Afrikaanse TV en films.
Hier volg die volledige lys wenners:
Lewensbydrae
- Cedwyn Joel
- Freek Robinson
- André Scholtz
Beste speelfilms
- Speelfilm: Hans steek die Rubicon oor
- Akteur: Pierre van Pletzen (Hans steek die Rubicon oor)
- Aktrise: Carla Smith (Die tragiese saak van Pamina Vermaak)
- Ondersteunende akteur: Joshwin Dyson (Old Righteous Blues)
- Ondersteunende aktrise: Bianca Flanders (Frankie & Felipé)
- Regisseur: Corné van Rooyen (Hans steek die Rubicon oor)
- Draaiboek: Elanie Rupping, Bibi Slippers (Die tragiese saak van Pamina Vermaak)
- Klankontwerp: Tim Pringle (Blindelings)
- Kinematografie: Johannes Pieter Nel (Die tragiese saak van Pamina Vermaak)
- Redigering: Eva du Preez (Die tragiese saak van Pamina Vermaak)
- Produksie-ontwerp: Dean Abrahams (Old Righteous Blues)
- Oorspronklike klankbaan: Edward George King (Old Righteous Blues)
Beste tv-toekennings
- Akteur in Telenovela/Sepie: Dann-Jacques Mouton (Arendsvlei)
- Aktrise in Telenovela/Sepie: Cindy Swanepoel (Binnelanders)
- Skurk in Telenovela/Sepie: André Odendaal (Binnelanders)
- Nuweling in Telenovela/Sepie: Devonecia Swartz (Arendsvlei)
- Akteur in komedie: Desiré Gardner (Magda Louw)
- Akteur in drama: Edwin van der Walt (Donkerbos)
- Aktrise in drama: Erica Wessels (Donkerbos)
- Ondersteunende rol in drama: Nicole Holm (Donkerbos)
- TV-oomblik van die jaar: Mnr. en Mev. Samsodien trou (Suidooster)
- Persoonlikheid van die jaar: Jonathan Rubain (Koortjies)
- TV-film: Vuurdoop
Beste kortfilms
- Kortfilm: ’n Doop om stilte
- Akteur: Gershwin Mias (Die Blokke)
- Aktrise: Roeline Daneel (As)
- Draaiboek: Roxanne Blaise & Mujaahid Valley (Die Blokke)
- Regie: Emilie Badenhorst & Kanya Viljoen (’n Doop om stilte)
- Redigering: Johannes Pieter Nel (Die Swart Draak ontwaak)
- Klankontwerp: Adriaan Drotsché (Die Swart Draak ontwaak)
- Kinematografie: Alfonzo Franke (Die Blokke)
- Oorspronklike klankbaan: Edward George King (Volle bors)
- Produksie-ontwerp: Burger Meyer (Karen)
Beste dokumentêre
- Dokumentêr: Besmet
- Regie: Reginald Hufkie & Frankie Opperman (Langafstand)
- Redigering: Adi van der Walt (Besmet)
- Klankontwerp: Renier van Niekerk (Call of the Wild)
Beste aanbieders
- Joernaalprogram: Hannes van Wyk (Kwêla)
- Leefstylprogram: Nataniël – Nataniël, Erik Wolf
- Realiteitsprogram: Bertus Basson (In Die Sop!)
- Aktuele program: Lourensa Eckard (In Gesprek)
- Speletjiesprogram: Rian van Heerden (Wie word ‘n miljoenêr?)
- Gespreksprogram: Heindrich Wyngaard (KLOP!)
- Buitelug-aktiwiteitsprogram: Dewald Visser (Mal Kamper)
- Kookprogram: Alfred Adriaan (Roer)
- Ensemble-aanbiederspan: L’at Wiel
Foto’s deur Jaco Marais










