Woordtrofees-benoemings vir 2023 
Die benoemings vir vanjaar se Toyota US Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 13 November by ’n toekenningsgeleentheid by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch aangekondig.

Volgens Gillian Mitchell, die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, was veral die verskeidenheid binne genres  vanjaar merkwaardig. “Daar was werklik iets vir almal. Die gehalte van eenpersoonstukke het beïndruk, en in die sterk Kinderteater-kategorie is ’n aantal aanbiedings ook terdeë deur volwassenes geniet. Musiek is goed ondersteun, en opwindende jong talent was in die feesprogramme vir Kontemporêre (Toyota Musiekfees) en Klassieke Musiek te sien.” 

NATi sien saam met die bedryf uit na die toekenningsgeleentheid. Geluk aan al die genomineerdes in al die kategorieë.

Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal 
As ek…    
Songs of Shakespeare  
Universiteitskoor Stellenbosch  
Van Mozart tot Verdi: Operahoogtepunte 

Beste prestasie: Klassieke musiek – Instrumentaal 
Between Friends 
Johann Sebastian Bach: The Flute Sonatas   
Rachmaninoff’s 150th Birthday Piano Bash 
Trio du Cap Classique  
Variations on Virtuosity 

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Solo/duo 
Amber/Ombré (Amanda Strydom) 
Busrit in die aand (Tarryn Lamb, Frank Freeman) 
Hoe ons voel (Amanda Strydom) 
Vincent: His Quest to Love and Be Loved (Daniel Anderson, Germaine Gamiet) 

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Groep/ensemble 
Classical Calabash 
Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad 
Kaapse Djezz: Ghoema and Beyond 
Woordmusiek 

Beste prestasie: Dans 
Karatara – Produksie 
Shaun Oelf – Uitvoering (Karatara) 
Ultra – Ensemble: Bronwyn Craddock, Nicolas Laubser, Jan Kotze  

Beste opkomende kunstenaar
Asiphe Mangqwengqwe – 50 Years of Jazzart (Dans) 
Caleb Swanepoel – A Midsummer Night’s Dream (Toneel) 
Koor – Magnet Theatre-opleidingsprogram: Oedipus at Colonus #aftersophocles (Toneel) 
David Cyster – Beethoven Triple Concerto (Klassieke musiek) 
Melisizwe  Plaatjie – Effervescence:  Xamisa, iKapa, Kaapstad (Kontemporêre musiek) 

Toneel

Beste prestasie: Tegnies 
Die vegetariër – Stel, beligting, ontwerp 
Droomkraan-kronieke – Stel en beligting 
Hold Still – Stel 
Tuis, ek’s liefie – Stel 

Beste prestasie: Fringe 
Anglo Angst 
Byster 
Tsekmate 

Beste prestasie: Kinderteater 
Braam en die engel 
Die dag toe Guppie sweef 
The King of Broken Things 

Beste byspeler (manlik) 
Eben Genis – Mirakel 
Johann Nel – Droomwerk 
José Dias – Master Class 
Stian Bam – Die vegetariër 

Beste byspeler (vroulik) 
Antoinette Kellermann – Goed wat wag om te gebeur 
Emma Kotze – Goed wat wag om te gebeur 
Faniswa Yisa – Oedipus at Colonus #aftersophocles 
Jill Levenberg – Droomwerk 

Beste speler (manlik) 
Andrew Buckland – Oedipus at Colonus #aftersophocles 
Dawid Minnaar – Mirakel 
Gideon Lombard – Goed wat wag om te gebeur 
Mark Elderkin – A Midsummer Night’s Dream 

Beste speler (vroulik) 
Lee-Ann van Rooi – The Woman Who Fed the Dogs 
Melissa Myburgh – Die vegetariër 
Sandra Prinsloo – Master Class 
Shimmy Isaacs – Gin my die genade 
Tinarie van Wyk Loots – Die vegetariër 

Beste prestasie: Solo 
Antoinette Kellermann – Teen wil en dank 
Dean John Smith – Hallo, dis Bettie wat praat 
Elzabé Zietsman – Routrip 
Kim Blanche Adonis – My Fellow South Africans 

Beste ensemble 
Braam en die engel – Geselskap 
Droomkraan-kronieke – Geselskap 
A Midsummer Night’s Dream – Geselskap 
Oedipus at Colonus #aftersophocles – Koor 

Beste regie 
Geoffrey Hyland – A Midsummer Night’s Dream 
Jaco Bouwer – Die vegetariër 
Nico Scheepers – Braam en die engel 

Beste toneelstuk 
A Midsummer Night’s Dream 
Braam en die engel 
Die vegetariër 
Master Class 

Deel hierdie artikel
Deel op Facebook
Stuur 'n twiet
Pin die foto
WhatsApp
Stuur per e-pos

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.