Hier is die benoemdes – 14de kykNET Fiëstas
Met die ses groot Afrikaanse kunstefeeste – Suidoosterfees, KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Toyota US Woordfees en Momentum Beleggings Aardklop – wat die afgelope jaar weer volstoom aan die gang was, het dié in die kunste weer gewys dat talent in Suid-Afrika volop is. 

Die kykNET Fiëstas vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste wat in die voorafgaande jaar by kunstefeeste te sien was.

“2023 was die eerste jaar sedert die pandemie wat al ses feeste weer in hulle volle glorie kon feesvier. Hoë gehalte werk het gehore na hulle asems laat snak! Die Fiëstas-paneel wil graag die feeste en kunstenaars gelukwens vir ‘n suksesvolle feesjaar,” sê Robyn van de Rhede, sameroeper van die paneel.

Hiermee die benoemdes: 

BESTE AKTEUR
Dawid Minnaar – Mirakel
Dean Balie – Ver in die wêreld, Kittie
Eldon van der Merwe – Fietsry vir dommies
Frank Opperman – Reünie

BESTE AKTRISE
Amalia Uys – Mirre en aalwyn
Antoinette Kellermann –  Teen wil en dank 
Lee-Ann van Rooi – The Woman Who Fed the Dogs
Shimmy Isaacs – Gin my die genade

BESTE MANLIKE BYSPELER
André Roothman – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston
Eben Genis – Mirakel
Geon Nel – Mooiplaas 
Wilhelm van der Walt – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston 

BESTE VROULIKE BYSPELER
Antoinette Kellermann – Goed wat wag om te gebeur
Bettie Kemp – Mirakel
Daneel van der Walt – Mirre en aalwyn
Jill Levenberg – Droomwerk 

BESTE REGIE
Jaco Bouwer – Die vegetariër
Marthinus Basson – Mirakel
Nico Scheepers – Braam en die engel
Neil Coppen, Craig Leo en Tiffany Saterdacht – Droomkraan kronieke

BESTE TEATERONTWERP
Jaco Bouwer – Die vegetariër 
Nico Scheepers en Nell van der Merwe – Braam en die engel
Neil Coppen en Craig Leo – Droomkraan kronieke
Wolf Britz – Tuis, ek’s liefie 

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS, VERWERKING OF VERTALING
Antjie Krog, Nunke Khadimo en verskeie digters – Met woorde soos kerse 
Dana Snyman – Reünie
Marthinus Basson – Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston
Tiffany Saterdacht, Neil Coppen, Carlo Daniels en inwoners van Oudtshoorn – Droomkraan kronieke
Lynthia Julius & Veronique Jepthas – My kroon se krank

BESTE OORSPRONKLIKE MUSIEK
Graeme Lees – Classical Calabash
Loki Rothman & Nataniël – Ring van vuur
Mbuso Ndlovu – Echoes of Heritage
Melissa van der Spuy – House of Rhythm 

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK
Erik Dippenaar en Ralitza Macheva – Variations
Megan-Geoffrey Prins, Suzanne Martens en Peter Martens – Harmony of Serenity: Arvo Pärt’s Musical Meditations
Jacobus de Jager, Nina Schumann en Megan-Geoffrey Prins – Rachmaninoff’s 150th Birthday Bash

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS
Carin Bester – She had a name 365 
Dineke van der Walt – Kurator: Hide & Seek: Reimagined Histories
Liza Grobler – Inkommers, laatkommers en laatlammers 
Tafadza Tega – Chisi Hachieri Musi Wacharimwa: A Seed Will Take Its Time To Grow

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: BUITELUG OF PODIUM
Innibos kykNET-konsert
Anders/Eenders
Classical Calabash
Echoes of Heritage

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER
Amanda Strydom – Amber/Ombré
David Kramer – Ver in die wêreld, Kittie
Ensemble – Met woorde soos kerse
Nataniël – Ring van vuur

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR
Gift Wamala – Heterogene Homo Sapiens
Esmé Marthinus – Stof 
Kerscha Titus – Jantjies and the Pearls 
Van der Aven – Uit volle bosch

BESTE FEESPRODUKSIE
Braam en die engel – Toyota US Woordfees
Die vegetariër – Toyota US Woordfees
Droomkraan kronieke – KKNK
Echoes of Heritage – Vrystaat Kunstefees

BESTE ENSEMBLE
Anders/Eenders
Braam en die engel
Echoes of Heritage
Droomkraan kronieke
Mirakel

BESTE KINDER- OF OPVOEDKUNDIGE PRODUKSIE
Braam en die engel – Regisseur: Nico Scheepers
Liewe Heksie vang vis – Margit Meyer-Rödenbeck}
Hans Haas sê hallo! – Regisseur: Alexander Steyn
Stars – linkwenzkwezi – sterre – Regisseur: Amelda Brand

Die wenners word op 7 Maart 2024 by The Lookout in Kaapstad aangekondig. Die geleentheid is slegs vir benoemdes en ander rolspelers en word nie regstreeks uitgesaai nie. Daar sal wel insetsels vir verskeie programme verfilm word. 

Vereerdes vir die 14de kykNET Fiëstas word vroeg in 2024 bekendgemaak. 

Deel hierdie artikel
Deel op Facebook
Stuur 'n twiet
Pin die foto
WhatsApp
Stuur per e-pos

© 2025 NATi • Alle regte voorbehou.