NATi Produksies
NASIONALE AFRIKAANSE TEATER-INISIATIEF
- Alle produksies
- 2022
- Alle produksies
- 2022
Opdrifsel
Mara en Bernard verloor hul tienerseun, Dylan, en daarmee saam hul idee van familie, van ‘ons’. Hulle rou op verskillende maniere en sukkel om mekaar te ondersteun. Daar is baie vrae, maar geen antwoorde nie. Verwyte, woede, beskuldigings en toe deure kenmerk hul smart tydens die eerste Kersfees sonder Dylan. ’n Aangrypende storie oor mense wat hulleself én mekaar in die donkerte van rou verloor – en weer moet vind.
Pietersielie en Roosmaryn vertel stories
Met vele instrumente, ’n poppekas en hul kleurryke persoonlikhede is dié twee veral passievol oor die waarde van stories. Op hul reise ontmoet hulle vir Prinses Pampoenpit en Faizel, ’n meisietjie en ’n seuntjie, wat deur hul stories die belangrike les leer dat almal uniek en spesiaal is.
Spertyd
My dogter sê: ‘Ma, mens bly nooit in ’n doodloopstraat nie. Jy draai om, ry terug en kry ’n nuwe koers.’ Dit klink baie dapper, maar ek is nie meer dapper nie.” Só eerlik en onsentimenteel skryf die bekroonde Elsa Joubert oor die oudwordproses. Prinsloo volg haar vorige, kragtige eenvrouvertonings (Kamphoer, Oskar en die pienk tannie en Die naaimasjien) op met hierdie werk wat inspireer en ontroer, maar ook vertroos.